Sinchroniese wentelbaan

’n Sinchroniese wentelbaan is ’n wentelbaan waarin die wentelende liggaam (gewoonlik ’n satelliet) ’n wentelperiode het wat presies dieselfde is as die rotasieperiode van die liggaam waarom dit wentel (gewoonlik ’n planeet), en sy wentelrigting is dieselfde as die ander liggaam se rotasierigting.[1]

Eenvoudiger gestel, is dit wanneer ’n wentelende voorwerp soos ’n satelliet of maan dieselfde tyd neem om een omwenteling om ’n ander liggaam soos ’n planeet te voltooi as wat die planeet neem om een rotasie te voltooi (en in dieselfde rigting).

  1. Holli, Riebeek (4 September 2009). "Catalog of Earth Satellite Orbits : Feature Articles". earthobservatory.nasa.gov (in Engels). Besoek op 8 Mei 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne