'n Sinekdogee (Grieks συνεκδοχή, iets wat saam met iets anders verstaan word) is in grammatika en retoriek 'n stylfiguur waar 'n klein deel en 'n groter geheel met mekaar in verband gebring word. Sinekdogee is 'n vorm van beelde en kan verstaan word as metonimie.
Daar is twee teenoorgestelde vorme van Sinekdogee:
Voorbeelde waar 'n deel 'n groter geheel aandui is:
Met monde word "mense" bedoel, met seile "skepe", met ekstra hande "mense", ensovoorts. Hierdie groter geheel word ook as die totale begrip beskou, en hierdie stylvorm word pars pro toto genoem: " 'n deel (staan) vir die geheel ". ( 'n Term wat 'n deel van iets aandui, word in die taalkunde 'n meroniem genoem: in hierdie konteks is mond byvoorbeeld 'n meroniem van die mens.)
Voorbeelde waar 'n geheel eintlik slegs 'n deel van die geheel aandui is:
In werklikheid het net die Engelse leër gewen, maar dit het die hele volk verteenwoordig. Net so staan 'Den Haag' slegs vir die regering wat daar gesetel is. Dit was nie die hele Duitsland wat Pole binnegeval het nie, maar net die leër.
As die geheel hier gesien word as 'n totale begrip, praat mens van totum pro parte: "die geheel (staan) vir 'n deel".