Sint Hedwigkatedraal | ||
![]() | ||
Die Sint Hedwigskatedraal | ||
Denominasie | Rooms-Katolieke Kerk | |
Adres | Sankt Hedwigs-Kathedrale, Bebelplatz, 10117 Berlin |
Die Sint Hedwigkatedraal (Duits: St. Hedwigs-Kathedrale) dien sedert die stigting van die Rooms-Katolieke bisdom Berlyn in die jaar 1930 as die Katolieke biskopskerk van die Duitse hoofstad. Die katedraal, wat in die stadswyk Mitte geleë is, dra sedert 1927 die amptelike kerklike titel Basilica minor ("klein basiliek") en is een van die belangrikste Rooms-Katolieke sakrale geboue in Berlyn.