Sint Petersburg-ope

Sint Petersburg-ope
Stad Sint Petersburg
Land Rusland
Plek Petersburg-sport-en-konsertkompleks
Kategorie ATP-wêreldreeks
(1995–1997)
ATP- Internasionale Reeks
(1998–2008)
ATP-wêreldtoer-250-reeks
(2009–hede)
Baan Binnenshuis, hard
binnenshuis, mat
Prysgeld $750,000
Webtuiste spbopen.ru

Die Sint Petersburg-ope (Russies: Открытый Санкт-Петербург, Otkriti Sankt-Peterboerg) is ’n professionale tennistoernooi wat op binnenshuise harde oppervlakke gespeel word. Dit is tans deel van die ATP-wêreldtoer-250-reeks. Dit word sedert 1995 jaarliks by die Petersburg-sport-en-konsertkompleks in Sint Petersburg, Rusland, gehou.

Die 2002-kampioen van die Australiese Ope, Thomas Johansson, die voormalige nr. 1-speler Marat Safin en Andy Murray is die enigste spelers wat die enkels-titel meer as een keer gewen het. Sedert 2008 het drie verskillende Russiese spelers die enkels-titel gewen: Yevgeny Kafelnikov in 1995, Marat Safin in 2000 en 2001 en Mikhail Youzhny in 2004.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne