Sint Mariakerk | ||
![]() | ||
Die Sint Mariakerk | ||
Denominasie | Evangeliese Kerk in Duitsland | |
Huidige predikant(e) | Alexander Heck, Gregor Hohberg, Michael Kösling, Corinna Zisselsberger | |
Adres | St. Marienkirche, Karl-Liebknecht-Str. 8, 10178 Berlin |
Die Sint Mariakerk (Duits: St. Marienkirche) is in die Karl-Liebknecht-straat aan die voet van die televisietoring in die administratiewe distrik Mitte van Berlyn geleë. Dit is een van die oudste kerkgeboue in Berlyn wat nog steeds vir godsdienstige doeleindes gebruik word en een van oorspronklik ses Middeleeuse kerkgeboue in die historiese stadskern van Berlyn, die vroeër digbeboude stadsbuurt Marienviertel.