'n Sistied (Latyn: cystidium, meervoud: cystidia) is 'n soort swamsel wat algemeen by uitkenning en klassifikasie van swamme bestudeer word. Hierdie betreklik groot selle word op die sporokarp van 'n basidiomiseet (soos op 'n paddastoel se kieuoppervlak) aangetref, en groei dikwels tussen saamgehoopde basidia. Aangesien sistiede besonder uiteenlopende en kenmerkende vorme vertoon wat dikwels uniek aan 'n betrokke spesie of genus is, dien hulle as 'n nuttige mikromorfologiese kenmerk by uitkenning van basidiomisete. Oor die algemeen word die adaptiewe belang van sistiede nog nie goed verstaan nie.