Sitvlugbal is 'n variant van die saalsport vlugbal.
Die sport word op 'n veld van 6 by 10 meter gespeel (kleiner as die speelveld van vlugbal wat 9 by 18 meter groot is). Die veld word deur 'n net in twee gedeel. Hierdie net is 115 sentimeter hoog vir die mans, en 105 sentimeter vir die dames. Die twee spanne bestaan uit ses spelers elk.
Die spelreëls is grotendeels dieselfde as die van vlugbal, maar spelers moet met hulle bors of sitvlak aan die grond raak tydens die speel van die bal. Dit maak die sport geskik vir mense wat een of beide van hulle bene verloor het.
Sitvlugval word internasionaal beoefen en is ook op die program van die Paralimpiese Spele.