Sjeik

Slildery van sjeik Sattam de Haddadin van Palmyra

Sjeik — ook Sjeg, Sheik, Shaikh of Shekh — is 'n Arabiese eretitel.  Dit beteken "ouderling" of "leier/goewerneur". Dit kan ook na Islamitiese skoliere verwys. Sjeika is die vroulike vorm, maar die gebruik daarvan is ongewoon in die Arabiese wêreld. 'n Wyse Sjeikh word 'n ḥakīm genoem en hulle word as gesagsfigure in die Arabiese gemeenskap beskou.

Dis ook moontlik dat die woord na 'n man ouer as veertig[1] of vyftig[2] jaar verwys.

  1. The Islamic Dictionary online, 'Sheikh'
  2. "About the Sheikh". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2011. Besoek op 22 Desember 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne