’n Lys van stede by die Tempel van Karnak wat in die Nabye-Ooste deur Sjesjonk verower is.
Hedjcheperre Setepenre Sjesjonk I (ook bekend as Sjesjonq I of Shoshenq I) was die eerste farao en stigter van Antieke Egipte se 22ste Dinastie. Hy het van omstreeks 943 tot 922 v.C. regeer. Hy was van Libiese afkoms.[1]
Sjesjonk was die seun van Nimlot A, opperhoof van die Ma, en sy vrou, wat self ’n dogter van die opperhoof was. Hy word dalk in die Bybel genoem as Sisak (1 Kon 14:25; 2 Kro 12:1-12).