Skaapwagters | |
---|---|
![]() | |
'n Balkanskaapwagter (Oenanthe melanoleuca) op Lesbos-eiland | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Oenanthe Vieillot, 1816
|
Spesies | |
Sien teks. |
Skaapwagters (Oenanthe) is 'n genus van voëls in die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) en die orde van sangvoëls (Passeriformes). Hulle is vroeër onder die familie van lysters ingedeel, maar word tans algemeen onder die vlieëvangers geplaas. Dit is hoofsaaklik 'n ouwêreldse groep, hoewel die Europese skaapwagter ook na Kanada, Groenland en Alaska uitgebrei het.