Skermblom

Skermblom
Tydperk: Coniakium–onlangs
'n Davidia involucrata bloei, 'n spesies in Nyssaceae
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Orde:
Cornales

Families

Die skermblom (orde Cornales) het sy naam te danke aan sy skermvormige bloeiwyse, wat 'n besondere kenmerk van die orde is. Die talle klein blommetjies het vier of vyf kroonblare en 'n onderstandige vrugbeginsel. Die vrugte is meestal splitsvrugte wat in twee dele, elk met een saadjie, uiteenval. Die blare van baie skermblomme is saamgestel.

Kornoelieblomme, in hierdie geval 'n kultivar van Cornus florida

Altesaam drie families word onderskei en veral van die uifamilie (familie Apiaceae) word verskeie verteenwoordigers gekweek vir hul geurige blare (byvoorbeeld pietersielie), hul wortels (byvoorbeeld geelwortels) of hul saad (byvoorbeeld komyn). Die kenmerkendste eienskap van die skermblom (orde Cornales of Umbellales) is die bloeiwyse wat altyd die vorm van 'n skerm (umbellum) aanneem. By 'n skermvormige bloeiwyse ontspring ’n aantal syasse vanuit 'n sekere punt van die stingel (hoofas), en om die vertakkingspunt is daar 'n krans van skutblaartjies wat as die omwindsel (involucrum) bekend is.

Wanneer daar 'n blom op die punt van elke syas is, is die skerm enkelvoudig, maar dikwels vertak elke syas weer eens in 'n aantal syasse met blomme aan die uiteindes daarvan. So ’n skerm staan dan as 'n saamgestelde skerm bekend. Dikwels is daar ook om die tweede vertakking 'n krans van skutblaartjies wat as 'n omwindseltjie (involucella) bekend is. Die blomme is meestal klein en die kelk en kroon bestaan uit vier of vyf dele. Die kelk is dikwels gereduseer tot ’n klein randjie.

Tussen die onvergroeide kroonblare is daar 'n enkele krans meeldrade. By alle verteenwoordigers van die orde is die vrugbeginsel onderstandig en is die vrug 'n dubbele dopvrug (droë vrug wat nie oopspring nie) of besagtige steenvrug (vlesig met 'n baie harde binnelaag).

  1. (en) Angiosperm Phylogeny Group (2009). "An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III". Botanical Journal of the Linnean Society. 161 (2): 105–121. doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2017. Besoek op 6 Julie 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne