Die Skerpioen (Lat: Scorpio) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 24 Oktober en 22 November gebore is. Dit is die agtste teken van die Diereriem.
Die Skerpioen is een van die drie watertekens en vier vaste tekens. Dis ’n vroulike, negatiewe, introverte teken en is vergelykbaar met die Vark van die Chinese diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Skerpioen is Mars en meer onlangs ook Pluto.
Skerpioene kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander watertekens, Visse en Kreef, asook met Maagde en Steenbokke. Die teenpool van die teken is die Bul.