'n Skerpmaker is 'n toestel waarmee die skryfpunt van potlode skerpgemaak word. 'n Tipiese skerpmaker bevat 'n opening waarin die potlood se punt gesteek word en 'n lem wat die hout wegsny. Die potlood word in die skerpmaker gedraai wat 'n dun velletjie hout van die punt afskil.
Sodra 'n potlood se punt stomp word, word 'n skerpmaker ingespan om 'n verdere slukkie van die potlood se "lood" te ontbloot. Soos 'n potlood skerpgemaak word, word dit dus al hoe korter.
As baie potlode skerpgemaak moet word, soos by 'n skool, is dit handig om 'n tafelmodel te installeer. Die potlood word met 'n veermeganisme vasgeklem en die slinger word gedraai wat die lem (of lemme) om die potlood se punt beweeg. Mens kry selfs elektriese skerpmakers wat outomaties begin maal as 'n potlood daarin gedruk word.