Skild | ||||
![]() | ||||
Latynse naam | Scutum | |||
Genitief | Scuti | |||
Afkorting | Sct | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18,7h | |||
Deklinasie | -10º | |||
Grootte | 109 vk. grade (84ste) | |||
Kwadrant | SQ4 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 2 | |||
Helderste ster | Alpha Scuti (α Scuti) | |||
Naaste ster | LHS 3398 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 7 | |||
Meteoorreëns | Junie-Scutiede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Arend, Boogskutter, Slang | ||||
|
Die Skild (Latyn: Scutum) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat in die 17de eeu uitgedink is.
Die Skild is die enigste sterrebeeld wat na ’n nie-klassieke persoon genoem is. Dit is in 1684 uitgedink deur die Poolse sterrekundige Johannes Hevelius (Jan Heweliusz),[1] wat dit oorspronklik Scutum Sobiescianum (Skild van Sobieski) genoem het ter nagedagtenis van die oorwinning van die Poolse leër onder koning Jan III Sobieski in 1683 in die Slag van Wene. Later is die Latynse naam verkort na Scutum.