Skisofrenie | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Borduurwerk deur ’n pasiënt met skisofrenie. | ||
ICD-10 | F20 | |
ICD-9 | 295 | |
OMIM | 181500 | |
DiseasesDB | 11890 | |
MedlinePlus | 000928 | |
eMedicine | med/2072emerg/520 | |
Mediese waarskuwing |
Skisofrenie is ’n geestesteuring wat dikwels gekenmerk word deur abnormale sosiale gedrag en die onvermoë om te besef wat die werklikheid is. Algemene simptome sluit in valse oortuigings, gehoorhallusinasies, verwarde of onduidelike denke, onaktiwiteit en ’n verminderde vermoë van die persoon om sosiaal te verkeer en homself uit te druk. Diagnose is gebaseer op waarneming van die gedrag en die pasiënt se weergawe van sy ondervindings.