Skrabbel

Skrabbel tekening deur Luise von Mecklenburg-Strelitz, Koningin van Pruise, c. 1795

Skrabbel is 'n tekening wat gemaak word terwyl 'n persoon se aandag elders is. Skrabbel is eenvoudige tekeninge wat 'n ander konkrete betekenis kan verteenwoordig of dalk net uit lukrake, abstrakte lyne bestaan, sonder om die pen/potlood van die papier te lig, wat dan as "skribbel" bekend staan.

Skrabbel en krap word dikwels geassosieer met jong kinders en kleuters, omdat hul gebrek aan hand-oog koördinasie en hul brein wat nog in die ontwikkelingsfase is, is dit vir hulle moeilik om binne die lyne in te kleur van 'n kunswerk. Ten spyte hiervan, is dit nie ongewoon om te sien dat volwassenes dit ook doen nie, dit kan joviaal gedoen word of uit blote verveling.

Tipiese voorbeelde van skrabbel kan gevind word in skoolkinders se huiswerkboeke/notaboeke, dikwels in die kantlyne, deur studente wat dagdroom of belangstelling in die les wat aangebied word verloor. Ander algemene voorbeelde van skrabbel kom voor tydens 'n lang telefoongesprek, wanneer daar 'n pen en papier beskikbaar is.

Populêre vorme van skrabbels sluit spotprent weergawes in van onderwysers of maats in 'n skool, bekende televisie - of komiese karakters, fiktiewe wesens, landskappe, geometriese vorms, patrone, teksture en falliese tonele. Die meeste mense wat skrabbel, herhaal gewoonlik dieselfde vorm of tipe prent regdeur hul lewens.[1]

  1. Schott, G. D. (24 September 2011). "Doodling and the default network of the brain". The Lancet (in English). 378 (9797): 1133–1134. doi:10.1016/S0140-6736(11)61496-7.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne