colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" | Slag by die Teutoburgerwoud | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" | Deel van Romeins-Germaanse oorlöe | ||||||
colspan="2" style="text-align: center; font-size: 90%; border-bottom: 1px solid #aaa; line-height: 1.25em;" | Senotaaf van Marcus Caelius, „gestorwene in die Oorlog van Varus“ (bello Variano) | ||||||
| |||||||
colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" | Strydende partye | ||||||
width="50%" style="border-right: 1px dotted #aaa;
" | Romeinse Ryk |
Germane (Cheruskers, Marsers, Chatte, Bruktere, Chauke en ander stamme) | ||||||
colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" | Bevelvoerders | ||||||
width="50%" style="border-right: 1px dotted #aaa; | Arminius | ||||||
colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" | Sterkte | ||||||
width="50%" style="border-right: 1px dotted #aaa;
" | Drie legioene, drie ridderafdelings en ses militêre eenhede |
Onbekend | ||||||
colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" | Ongevalle | ||||||
width="50%" style="border-right: 1px dotted #aaa;
" | Net enkele oorlewendes |
Onbekend |
In die Slag van Varus (ook: Slag by die Teutoburgerwoud of Herman se slag, of volgens Romeinse skrywers as clades Variana, of „Varus nederlaag“ aangedui), het drie Romeinse legioene tesame met hul troepe en gevolg, onder Publius Quinctilius Varus, in die herfs van 9 n.C. 'n vernietigende nederlaag gely teen 'n Germaanse krygsmag onder leiding van Arminius, seun van die opperhoof van die Cherusker-stam.[1]
'n Agtste van die totale Romeinse krygsmag is gedurende hierdie slag uitgewis. Ná hierdie slag het die Romeine geen verdere poging aangewend om die gebied regs van die Ryn tot by die Elbe deel te maak van die Romeinse Ryk nie. Die ligging van die slag is nog nie met sekerheid vasgestel nie, alhoewel nuwe ontdekkings daarop dui dat 'n deel van die slag heel moontlik in 'n argeologiese uitgrawingsgebied naby Kalkriese in die Wiehengebergtes in Osnabrücker Land, Duitsland plaasgevind het.[2]