Slag van Poitiers Engels: Battle of Tours Frans: Bataille de Poitiers | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Omajjadiese Kalifaat inval in Gallië | |||||||
![]() Charles de Steuben se Bataille de Poitiers en octobre 732 beeld 'n triomfantlike Karel Martel (op perd) uit teenoor Abd-el-Rahman (regs) tydens die Slag van Poitiers. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Frankiese Koningkryk | Omajjadiese Kalifaat | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Karel Martel | Abd-el-Rahman | ||||||
Sterkte | |||||||
15,000–20,000[1] | 20,000–25,000[1] | ||||||
Ongevalle | |||||||
1,000[1] | 12,000[1] |
Tydens die Slag van Poitiers in Oktober 732 verslaan die Frankiese beskermheer Karel Martel 'n Moorse leër onder Emir Abd-el-Rahman. Die uitkoms van hierdie geveg het die noordwaartse uitbreiding van Islam vanaf Spanje gestop en word tradisioneel verbind met die begin van die Reconquista. Die 19de-eeuse Britse historikus Edward Creasy reken die Slag van Poitiers (732) onder sy vyftien mees beslissende veldslae ter wêreld.[2] Die belangrikheid van die geveg en die motiewe van Karel is onlangs bevraagteken.[3]