Slag om Brittanje | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Tweede Wêreldoorlog | |||||||
![]() Die bombardering van Londen | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
![]() ![]() |
![]() ![]() | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | ||||||
Sterkte | |||||||
1 963 diensbare vliegtuie | 2 550 diensbare vliegtuie | ||||||
Ongevalle | |||||||
544 dood, 422 gewond, 1 547 vliegtuie verwoes | 2 698 dood, 967 gevang, 1 887 vliegtuie verwoes |
Die Slag om Brittanje (Engels: Battle of Britain) is die naam vir die gevegte tussen Duitse en Britse vegvliegtuie gedurende die somer en herfs van 1940 tydens die Tweede Wêreldoorlog. Britse vlieëniers het Duitse vlieëniers probeer verhinder om herhaaldelik bomme op Britse stede te gooi. Die bombardement is teen die einde van 1940 gestaak, en die Britte het dit as 'n groot oorwinning beskou. Winston Churchill het die vlieëniers van die Britse Lugmag (RAF) geprys met die woorde: "Nooit in die geskiedenis van oorlogvoering het soveel so baie aan so min te danke gehad nie" (Never in the field of human conflict was so much owed by so many to so few).[1]
Die Slag om Brittanje was die eerste groot veldtog wat slegs deur lugmagte besleg is. Dit was ook die grootste en langste lugbombardement tot op daardie datum.