Slag van Colenso | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Tweede Vryheidsoorlog | |||||||
![]() Boerekommando's in aksie by Colenso | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
![]() ![]() |
![]() | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Louis Botha | Redvers Buller | ||||||
Sterkte | |||||||
4 500 | 21 000 | ||||||
Ongevalle | |||||||
6 dood 21 gewond |
143 dood 755 gewond 240 krygsgevangenes |
Die Slag van Colenso het tydens die Tweede Vryheidsoorlog tussen die Britse magte en die Boeremagte van die ZAR en die Vrystaatse Republiek op die 15de Desember 1899 plaasgevind.
Ontoereikende voorbereiding en verkenning en 'n gebrek aan begeesterde leierskap het gelei tot hoë ongevalle en 'n vernederende nederlaag deur die Britse magte.