Slag van Cuito Cuanavale | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Angolese Burgeroorlog en Suid-Afrikaanse Grensoorlog | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
FAPLA Kuba SWAPO ANC (MK) |
Suid-Afrika UNITA | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Leopoldo "Polo" Cintra Frias [1] | Kol. Deon Ferreira | ||||||
Sterkte | |||||||
40 000 gesamentlik geskat | 11 000-12 000 gesamentlik geskat (3 000-4 000 SAW; 8 000 UNITA) | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
- 14 Kuba[1] (Amptelik) - skattings wissel van 900 tot 4000 altesaam[2] |
- 31 SA Weermag(Amptelik) - Unita- 3 000 geskat |
Die Slag van Cuito Cuanavale was een van die mees betekenisvolle gebeurtenisse van die Angolese Burgeroorlog (1975 tot 2002) asook die Suid-Afrikaanse Grensoorlog. Die Kubaanse, Angolese en Suid-Afrikaanse leërs het in 1987 daar slaags geraak in 'n veldslag wat bestempel is as die grootste in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog.[3] Met albei kante wat op 'n oorwinning aanspraak gemaak het, word dit egter allerweë as 'n keerpunt in die Angolese Burgeroorlog beskou wat gelei het tot die uiteindelike onttrekking van Kubaanse, Suid-Afrikaanse en ander buitelandse troepe uit Angola.