Slaughterhouse-Five
| |
---|---|
![]() | |
Skrywer | Kurt Vonnegut |
Land | ![]() |
Taal | Engels |
Genre | Wetenskapfiksie, satire |
Uitgewer | |
Uitgegee | 31 Maart 1969[1] |
ISBN | 0-385-31208-3 |
Slaughterhouse-Five, or The Children's Crusade: A Duty-Dance with Death (1969) is 'n wetenskapfiksie roman deur Kurt Vonnegut oor sy Tweede Wêreldoorlogse ervarings en die wedervaringe van Billy Pilgrim - van sy tyd as 'n Amerikaanse soldaat en kapelaan-assistent - tot na die oorlog. Dit word algemeen erken as Vonnegut se mees invloedryke en gewildste werk.[2] 'n Sentrale gebeurtenis is Pilgrim se oorlewing van die Geallieerdes se aanval op Dresden. Dit was 'n gebeurtenis in Vonnegut se eie lewe, en die roman word as semi-outobiografies beskou.