![]() | ||
Sloane Stephens tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2017 | ||
Volle naam | Sloane Stephens | |
---|---|---|
Land | ![]() | |
Woonplek | Fort Lauderdale, Florida[1] | |
Geboortedatum | 20 Maart 1993[1] | |
Geboorteplek | Plantation, Florida, Verenigde State[1] | |
Lengte | 1,70 m[1] | |
Afrigter | Kamau Murray, Omar El Kheshen[1] | |
Begin professioneel | 2009[1] | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $19 005 895 (soos op 27 Januarie 2025)[1] (28ste van alle tye)[2] | |
Amptelike webblad | sloanestephens.com | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 380–287 (57,0%)[1] | |
Loopbaantitels | 8 WTA,[1] 1 ITF | |
Hoogste rang | No. 3 (16 Julie 2018)[1] | |
Huidige rang | No. 104 (27 Januarie 2025)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | HE (2013) | |
Franse Ope | E (2018) | |
Wimbledon | KE (2013) | |
VSA-Ope | W (2017) | |
Groot toernooie | ||
WTA-kampioenskap | E (2018) | |
Olimpiese Spele | 1R (2016) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 60–83 (42,0%)[1] | |
Loopbaantitels | 1 WTA,[1] 1 ITF | |
Hoogste rang | No. 70 (9 September 2024)[1] | |
Huidige rang | No. 66 (27 Januarie 2025)[1] | |
Australiese Ope | 1R (2012, 2018) | |
Franse Ope | 1R (2012, 2013, 2014, 2024) | |
Wimbledon | 2R (2017) | |
VSA-Ope | 1R (2009, 2010, 2011, 2012, 2017, 2024) | |
Gemengde dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | ||
Loopbaantitels | ||
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae | ||
Australiese Ope | 2R (2016) | |
Wimbledon | 3R (2018) | |
VSA-Ope | 2R (2008, 2012) | |
Laaste opgedateer op: 27 Januarie 2025. |
Sloane Stephens (gebore 20 Maart 1993 in Plantation, Florida) is 'n Amerikaanse tennisspeler. Sy het agt WTA-enkeltitels gewen[1] en haar eerste groot oorwinning tydens die Amerikaanse Ope van 2017 behaal. Met hierdie oorwinning het sy die laagste gekeurde speler geword (83) om die vroue-enkelspelstitel in te palm, asook die eerste Amerikaanse vrou naas die Williams-susters wat die toernooi sedert Jennifer Capriati in 2002 gewen het.
Stephens het ook die halfeindrondte van die Australiese Ope in 2013 behaal, waar sy Serena Williams in die kwarteindrondte verslaan het. Sy het haar eerste enkelspeltitel by die Citi Open in 2015 gewen. Haar hoogste posisie op die wêreldranglys is nommer 3.[1]