Donald Trump , die 45ste President van die Verenigde State van Amerika en die vermoedelike Republikeinse Party se presidentskandidaat vir die 2024 Amerikaanse presidentsverkiesing , is in die regteroor verwond tydens 'n sluipmoordpoging op 13 Julie 2024 by 'n verkiesingsaamtrek naby Butler, Pennsilvanië .[ 9] [ 10]
Die vermeende sluipmoordenaar was die 20-jarige Thomas Matthew Crooks van Bethel Park, Pennsilvanië.[ 11] Wetstoepassers en getuies het gesê Crooks het op 'n dak buite die saamtreklokaal geskuil en agt skote van 'n AR-15-styl semi-outomatiese geweer afgevuur voordat hy deur 'n Geheime Diens teenaanvalspan-sluipskutter doodgeskiet is.[ 12] ’n Saamtrekganger is dood, terwyl twee ander deelnemers kritiek beseer is.[ 13]
Nadat hy geskiet is, het Trump grond toe geduik en is vinnig omring deur personeel van die Geheime Diens. Hy het gou opgestaan en uit sy regteroor gebloei. Hy het toe met sy vuis in die lug gepomp en “fight, fight” geskree voordat agente van die Geheime Diens hom na ’n voertuig begelei het.[ 14] Trump is hierna na 'n hospitaal geneem en in 'n stabiele toestand ontslaan en het per vliegtuig na New Jersey vertrek.[ 15] [ 16]
Die skietery word as ’n poging tot sluipmoord ondersoek. Dit is die eerste keer dat ’n voormalige of huidige Amerikaanse president in ’n poging tot sluipmoord beseer is sedert Ronald Reagan in 1981 geskiet is, en die eerste keer vir ’n presidentskandidaat sedert die poging tot sluipmoord op George Wallace in 1972.[ 17]
↑ Nolfi, Joey (13 Julie 2024). "Donald Trump grazed by gunfire at rally in Pennsylvania Geargiveer 14 Julie 2024 op Wayback Machine ." Entertainment Weekly
↑ "Trump shot in ear in rally assassination attempt" . BBC. 13 Julie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2024. Besoek op 13 Julie 2024 .
↑ "Trump wounded in assassination attempt. Biden calls it 'sick': Here's what we know" . USA Today . 14 Julie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2024. Besoek op 14 Julie 2024 .
↑ "Australian PM says 'no place for violence in democratic process' after Trump assassination attempt" . The Guardian . 13 Julie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2024. Besoek op 13 Julie 2024 .
↑ Yee, Curtis; Santana, Rebecca; Whitehurst, Lindsay; Orsi, Peter. "Live updates: Shooter dead, rally attendee killed and Trump whisked off stage after gunshots ring out at rally" . Associated Press News . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2024. Besoek op 13 Julie 2024 .
↑ Levien, Simon J. (13 Julie 2024). "Report From the Scene: 'Get Down! Shots Fired!' " . The New York Times . ISSN 0362-4331 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2024. Besoek op 13 Julie 2024 .
↑ McGraw, Meridith; Allison, Natalie (13 Julie 2024). "Trump 'felt the bullet ripping through the skin' during campaign rally shooting" . Politico . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2024. Besoek op 13 Julie 2024 .
↑ "Trump rally shooter identified as 20-year-old Pennsylvania man" . NBC News. 14 Julie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2024. Besoek op 14 Julie 2024 .
↑ Helmore, Edward (14 Julie 2024). "Trump rally shooting live: FBI names 'subject involved' in assassination attempt" . The Guardian .
↑ Herb, Jeremy; Zeleny, Jeff; Lybrand, Holmes; Perez, Evan (14 Julie 2024). "Trump injured in shooting at Pennsylvania rally" . CNN .
↑ Barnes, Julian E.; Gold, Michael; Levien, Simon J. (13 Julie 2024). "Live Updates: Trump 'Safe' After Shooting at Rally; Suspect Killed" . The New York Times . ISSN 0362-4331 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2024. Besoek op 13 Julie 2024 .
↑ Tanyos, Faris (13 Julie 2024). "Trump rally shooter killed by Secret Service sniper, officials say" . CBS News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2024. Besoek op 14 Julie 2024 .
↑ Barnes, Julian E.; Gold, Michael; Levien, Simon J. (13 Julie 2024). "Live Updates: Trump 'Safe' After Shooting at Rally; Suspect Killed" . ISSN 0362-4331 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2024. Besoek op 13 Julie 2024work=The New York Times .
↑ Layne, Nathan; Mcdermid, Brendan; Mason, Jeff (13 Julie 2024). "Trump shot in right ear at campaign rally, shooter dead" . Reuters . Besoek op 13 Julie 2024 .
↑ Hayes, Christal. "Trump, with blood on face, raises fist in air" . BBC . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2024. Besoek op 14 Julie 2024 .
↑ "Live updates: Trump says he was shot in the ear during rally; one attendee and shooter are dead" . Associated Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2024. Besoek op 13 Julie 2024 .
↑ Brasted, Chelsea (14 Julie 2024). "Trump rally violence recalls historic presidential attacks" . Axios. Besoek op 13 Julie 2024 .