Smegma (van die Grieks: smēgma[1]) is ’n kombinasie van dooie selle, velolies, vog en natuurlik voorkomende bakterieë. Dit kom aan beide manlike en vroulike geslagsdele voor. By vroue versamel dit om die klitoris en in die voue van die labia minora; by mans versamel smegma onder die voorhuid.