Soezdal Суздаль | |
---|---|
Stad | |
![]() Die koepels van die Katedraal van die Geboorte van Gods Moeder. | |
![]() Wladimir-oblast in Rusland | |
Koördinate: 56°25′N 40°27′O / 56.417°N 40.450°O | |
Land | ![]() |
Deelgebied | Wladimir-oblast |
Stigting | 1024[2] |
Regering | |
• Tipe | Munisispale distrik |
• Burgemeester | Larisa Majorowa[3] |
Oppervlak | |
• Totaal | 15 km2 (6 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 9 978[1] |
Tydsone | UTC+04:00 |
Skakelkodes | 49231[4] |
Webwerf | http://www.gorodsuzdal.ru |
Soezdal (Russies: Суздаль) is ’n stad in Rusland en die administratiewe hoofstad van die distrik Soezdal in die Wladimir-oblast. Dit is aan die Kamenkarivier geleë 26 km noord van die stad Wladimir, die administratiewe hoofstad van die oblast. In 2015 het die stad 9 978 inwoners gehad.[1]
Soezdal is een van die oudste nedersettings in Rusland. In die 12de eeu het dit die hoofstad van die prinsdom Rostof-Soezdal geword, met Moskou as een van die ondergeskikte dorpe. Deesdae is Soezdal die kleinste van die stede in die Goue Ring van Rusland, maar dis is ’n groot trekpleister vir toeriste.[4] Verskeie van sy monumente is Unesco-wêrelderfenisterreine.[5][6]
<ref>
tag; no text was provided for refs named ragozin