Sogdiese alfabet | ||||
![]() | ||||
Soort skryfstelsel | Abjad | |||
Tyd gebruik | Laat Antieke tydperk | |||
Rigting | Links na regs, regs na links, bo na onder | |||
Tale | Sogdies | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | ||||
ISO 15924 | Sogd, 141 (Sogdies) Sogo, 142 (Oud-Sogdies) | |||
Unicode | U+10F00–U+10F2F U+10F30–U+10F6F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Sogdiese alfabet is oorspronklik gebruik vir Sogdies, ’n taal in die Irannese taalfamilie wat deur die mense van Sogdiana gebruik is.[1] Die alfabet is afgelei van die Siriese alfabet, op sy beurt ’n uitvloeisel van die Aramese alfabet. Die Sogdiese alfabet is een van drie skrifte waarin Sogdies geskryf is – die ander is die Manichese en die Siriese alfabet.[1] Dit is van omstreeks 100–1200 n.C. deur die hele Sentraal-Asië gebruik, van Iran in die weste tot China in die ooste.[1]