Solwezi | |
---|---|
Koördinate: 12°11′0″S 26°24′0″O / 12.18333°S 26.40000°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Westelike provinsie |
Hoogte | 1 235 m (4 052 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 65 000 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Solwezi is 'n dorp in die noordweste van Zambië en ondanks sy geskatte bevolking van net 5 949 in 2009[1] die Noordwestelike Provinsie se hoofstad.
Die dorp verleen sy naam aan een van Zambië se agt Rooms-Katolieke bisdomme wat in 2004 uit 67 048 lidmate bestaan het, oftewel amper 10% van die inwoners van die bisdom – heelwat minder as die landswye gemiddeld van 28% Katolieke.[2] 'n Satellietkampus van die Universiteit van Zambië was veronderstel om tot onafhanklike universiteit te ontwikkel, maar die plan is nooit uitgevoer nie.[3][4]
Die beste manier om Solwezi te bereik is per pad uit die Koperstreek,[5] 173 km van Chingola af. Dit is 'n bedrywige dorp met vulstasies, banke en winkels vir basiese voorrade. Hier is selfs 'n winkel (in Independencelaan) van die Suid-Afrikaanse kruidenier Shoprite.[6] Die Changa Changa Hotel bied redelike verblyf.