Somerset-Oos (ingesluit KwaNojoli) | |
---|---|
![]() | |
Koördinate: 32°43′S 25°3′O / 32.717°S 25.050°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Bloukraanroete |
Stigting | 1825 |
Regering | |
• Genoem na | Lord Charles Somerset |
Oppervlak | |
• Totaal | 72,8 km2 (28,1 vk. myl) |
Hoogte | 820 m (2 690 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 18 825 |
• Digtheid | 259/km2 (670/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 32.2% |
• Swart mense | 59.8% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 51.8% |
• Afrikaans | 42.9% |
• Engels | 3.7% |
• Ander | 1.6% |
Poskode (strate) | 5850 |
Poskode (posbusse) | 5850 |
Somerset-Oos is 'n dorp in die Oos-Kaap in die Kaapse Middellande aan die voet van die boomryke Boschberg, 185 km noord van Gqeberha en 820 meter bo seespieël geleë. Dit lê ook aan die teerpad tussen Oos-Londen en Kaapstad. Somerset-Oos is 'n gewilde binnelandse vakansieoord vir mense wat aan die kus in Gqeberha en omstreke woon. Van die dorp se aantreklikhede is onder meer 'n museum, die Walter Battiss-kunsmuseum en 'n nabygeleë natuurreservaat. Daar is ook 'n woonwapark met alle moderne geriewe. Somerset-Oos het 'n bestendige bevolking, want in 2007 was hier na raming 16 176 inwoners, slegs sowat 500 meer as in 1996. In 2013 was die skatting 17 908, skaars 700 meer in 2008 se 17 271.[2]