Somerset-Wes (en) Somerset West | |
---|---|
Lugfoto van Somerset-Wes met die Hottentots-Hollandberge en die Steenbrasdam op die agtergrond | |
Koördinate: 34°05′S 18°51′O / 34.083°S 18.850°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Stigting | 1822 |
Regering | |
Oppervlak | |
• Totaal | 61,37 km2 (23,70 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 55 166 |
• Digtheid | 899/km2 (2 330/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 60.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.9% |
• Bruin mense | 24.5% |
• Swart mense | 13.0% |
• Ander | 1.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 52.3% |
• Engels | 37.5% |
• Xhosa | 4.8% |
• Ander | 5.3% |
Poskode (strate) | 7130 |
Skakelkode | 021 |
Somerset-Wes is 'n dorp in die Suidwes-Kaap binne die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit in die Helderberggebied geleë, sowat 45 km suidoos van Kaapstad. Dit is een van die rykste en snelgroeiende dorpe in die land en die tuiste van 'n groot Duitse, Engelse, Nederlandse, sowel as oud-Namibiese bevolking, vandaar die bynaam "Sommer Suidwes". Die bevolking het na raming die afgelope sowat 15 jaar verdubbel, terwyl die sakekern van die dorp uit die hoofstraat na die omgewing van die "Somerset Mall" winkelkompleks verskuif het, wat nou as die sakekern van die hele Helderberg-kom (Somerset-Wes, die Strand en Gordonsbaai) dien.