Die Melkweg skep 'n Sone van Ondeursigtigheid vir waarnemers op Aarde.Die beperkings op waarneming word gesien op dié sterdigtheidskaart van die Melkweg. (Gaia se data van 2021).
Die Sone van Ondeursigtigheid (Engels: Zone of Avoidance)[1][2] is die gebied van die lugruim wat deur die Melkweg versper word.[3]
Die sone is oorspronklike die "Sone van Min Newels" genoem in 'n referaat in 1878 deur die Engelse sterrekundige Richard Proctor, wat verwys het na die verspreiding van newels.[4]