Soninke | |
---|---|
Soninke-krygers, ca. 1890 | |
Totale bevolking: | ca. 2 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | Mali 2 124 000 (9,8%)[2] Mauritanië 248 000[3] |
Taal: | Soninke, Frans |
Geloofsoortuiging: | Islam (Soenniete) |
Verwante etniese groepe: | Ander Mandé-volke soos Bambara, Dialonké, Dyula en Mandinka |
Die Soninke is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Soninke as moedertaal praat. Hulle leef veral in die vier lande Gambië, Mali, Mauritanië en Senegal. In Mali vorm hulle 9,8% van die bevolking, in Senegal 2,4% en in Gambië 8,2%.
Die Soninke is veral bekend vir die Middeleeuse Ghanaryk (200–1240). Hulle was een van die vroegste etniese groepe in Wes-Afrika wat Islam as godsdiens aangeneem het.[6]