'n Sonrok is 'n rok wat bedoel is om in warm weer gedra te word. Tipies is dit 'n informele- of slenterdrag in 'n liggewig materiaal, mees algemeen van katoen, en gewoonlik lospassend. Die rok is bedoel om sonder 'n bo-bedekking gedra te word. Lilly Pulitzer het die sonrok gewild gemaak in die 1960's.[1]