Sophia van die Palts | |
---|---|
Keurvorstin van Hannover | |
Vorstehuis | Wittelsbach-Simmern Hannover |
Bewind | 1692–1698 |
Gebore | 14 Oktober 1630, Den Haag |
Oorlede | 8 Junie 1714 (op 83), Hannover |
Eggenoot | Ernst August, keurvors van Brunswyk-Lüneburg |
Kinders | George I van Groot-Brittanje Friedrich August Maximilian Wilhelm Sophie Charlotte Karl Philipp Christian Heinrich Ernst Augustus |
Vader | Frederik V van die Palts |
Moeder | Elizabeth van Boheme |
Sophia van die Palts (beter bekend as die keurvorstin van Hannover; 14 Oktober 1630 – 8 Junie 1714) was van 1692 tot 1698 die keurvorstin van Hannover. Sy was ’n kleindogter van koning Jakobus VI en I en ook die erfgenaam van die troon van Engeland (later Groot-Brittanje), en dus die vermoedelike troonopvoler van koningin Anna. Sy is egter twee maande voor Anna dood en haar oudste seun, Georg Lodewyk, het die nuwe troonopvolger geword. Hy het Anna op 1 Augustus 1714 as koning George I opgevolg.