Sopwith Camel | |
---|---|
Tipe | dubbeldekkervliegtuig vegter |
Vervaardiger | Sopwith Aviation Company |
Ontwerp deur | Herbert Smith |
Nooiensvlug | 22 Desember 1916 |
Bekendstelling | Junie 1917 |
Onttrek | Januarie 1920 |
Hoofgebruiker | RFC (RAF), RNAS, AAF |
Aantal gebou | 5 490 |
Die Sopwith Camel was 'n Britse dubbeldekker vliegtuig van die Eerste Wêreldoorlog en dit is een van die bekendste vliegtuie van die oorlog. Die vliegtuig is ontwikkel uit die Sopwith Pup wat dit uiteindelik vervang het. Die amptelike naam vir die vliegtuig is Sopwith Biplane F.1 maar het onder sy bynaam bekend geraak.