Sorani سۆرانی, Soranî | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Turkye Irak Iran Sirië | |
Gebied: | Wes-Asië | |
Totale sprekers: | 7,3 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Wes-Irannees Noordwes-Irannees Koerdies Sorani | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet, Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Irak | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | ckb
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sorani (Koerdies: سۆرانی, Soranî) of Sentraal-Koerdies (کوردیی ناوەندی, Kurdîy nawendî), is óf 'n dialek[2][3][4][5][6] óf 'n taal[7][8] van die Koerdiese tale wat in Irak, veral Koerdistan, gepraat word, maar ook in die westelike Irannese provinsies Koerdistan, Kermansja en Wes-Azerbeidjan. Sorani is saam met Arabies een van Irak se twee ampstale en word in politieke dokumente eenvoudig "Koerdies" genoem.[9][10]
Die term Sorani, wat na die voormalige Soran-emiraat genoem is, word veral gebruik om te verwys na 'n geskrywe, gestandaardiseerde variant van Sentraal-Koerdies in die Sorani-alfabet wat in die 1920's deur Sa'ed Sidqi Kaban en Taufiq Wahbi uit die Arabiese alfabet ontwikkel is.[11]