Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Soukous (uit Frans secousse, "skok, stoot, ruk") is 'n genre van dansmusiek van die Kongo-Bekken. Dit is afgelei van die Kongolese rumba in die 1960's en het gewild geword in die 1980's in Frankryk. Hoewel dit dikwels gebruik word deur joernaliste as 'n sinoniem vir die Kongolese rumba, is dit beide die musiek en die dans wat verband hou met soukous wat meer verskil van die trasdisionele rumba, veral in die hoër tempo en langer dansliedjies. Bekende kunstenaars van die genre sluit in African Fiesta, Papa Wemba en Pépé Kallé.