Die Soweto Derby is 'n sokkerwedstryd tussen die twee gewildste spanne van Suid-Afrika, naamlik Kaizer Chiefs en Orlando Pirates. Albei klubs speel in Soweto, Johannesburg. Die eerste derby tussen die twee spanne is op 24 Januarie 1970 beslis.[1]
Die mededinging tussen die twee spanne het begin toe sokkerspeler Kaizer Motaung die Orlando Pirates verlaat het om vir Atlanta Chiefs in die Verenigde State te speel. Toe hy na Suid-Afrika terugkeer het hy rusie gekry met die bestuur van die Bucs en sy eie klub, Kaizer Chiefs, gestig.
Die Soweto Derby word deur die vriendskaplike atmosfeer tussen die ondersteunersgroepe gekenmerk.