SpVgg Bayreuth

SpVgg Bayreuth

Volledige naam Spielvereinigung Bayreuth 1921 e.V.
Stigtingsdatum 23 Julie 1921
Tuisveld Hans Walter-Wildstadion
Bayreuth
Kapasiteit 20 000
Kompetisie Oberliga Beiere

SpVgg Bayreuth is 'n Duitse sokkerklub uit Bayreuth in die deelstaat Beiere.

In 1921 het die sportklub TSV Bayreuth 'n sokkerafdeling gestig genaamd Tuspo Bayreuth-Altstadt, in 1925 herdoop na SpVgg Bayreuth-Altstadt. In 1933 is die klub tydens die Derde Ryk herdoop na FSV Bayreuth. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub herstig met die huidige naam.

Die klub se suksevolste jare was tydens die laat 1970’s en vroeë 1980’s. In 1977 word die kwarteindstryd van die DFB-Pokal gehaal en twee jaar later eindig die klub 2de in die 2. Bundesliga Suid. Die klub het op neën-en-neëntig na vir die Bundesliga gekwalifiseer, maar in die eindronde van die uitspeelwedstryde om promosie teen Bayer Uerdingen verloor.

In 1980 het die klub weer die kwarteindstryd van die DFB-Pokal gehaal en onder andere vir FC Beiere München in die vroeëre rondtes verslaan.

In die 2005/06-seisoen het die klub 10de in die Regionalliga Suid geëindig, maar is weens finansiële probleme 'n lisensie geweier en na die Oberliga Beiere gerelegeer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne