SpVgg Weiden

SpVgg Weiden

Volledige naam Spielvereinigung Weiden e.V.
Stigtingsdatum 19 Januarie 1924
Tuisveld Stadion am Wasserwerk
Weiden in der Oberpfalz
Kapasiteit 10 000
Kompetisie Oberliga Beiere

SpVgg Weiden is 'n Duitse sportklub uit Weiden in der Oberpfalz in die deelstaat Beiere, veral bekend om sy sokkerafdeling.

Die klub is op 19 Januarie 1924 gestig. In 1935 het die span die Gauliga Beiere gehaal, destyds die hoogste Duitse vlak, maar is na een seisoen weer gerelegeer. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die klub weer die Gauliga gehaal (as Reichsbahn SG Weiden) vanaf die 1941/42-seisoen, totdat die Beiere-liga in 1945 platgeval het as gevolg van die oorlog.

Na die oorlog is die klub herstig as SpVgg Weiden en was sy grootste sukses toe hy die Regionalliga Suid gehaal het in die 1965/66-seisoen, destyds die tweede hoogste vlak.

Die klub speel tans in die Oberliga Beiere. Behalwe sokker bied die klub ook kegelbal en kanovaart.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne