Spaanse Wikipedia

Spaanse Wikipedia
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Spaans
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Opgerig 11 Mei 2001
Huidige status Aktief
URL es.wikipedia.org
Lande waar die Spaanse Wikipedia die belangrikste weergawe is

Die Spaanse Wikipedia is die Spaanse uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie. Die wikipedia is op 11 Mei 2001 begin, en bereik reeds op 8 Maart 2006 hulle 100 000ste artikel. Dit het tans 2 005 454 artikels en is die 8ste grootste Wikipedia volgens aantal artikels.

Vir 'n lang tyd was dit die 6de grootste uitgawe van Wikipedia, totdat die Nederlandse Wikipedia en die Italiaanse uitgawe dit in 2005 ingehaal het, asook die Russiese Wikipedia. Op 18 November 2007 bereik die Spaanse Wikipedia 300 000 artikels en steek in Mei 2013 die miljoenkerf verby. Sedert Mei 2017 het die Spaanse Wikipedia meer as 1 500 000 artikels.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne