Spaanse Grand Prix

Die Spaanse Grand Prix (Spaans: Gran Premio de España, Katalaans: Gran premi d'Espanya) is 'n Formule Een motorwedren wat huidig by die Circuit de Barcelona-Catalunya in Barcelona gehou word. Die wedren is een van die oudste in die wêreld waarom nog meegeding word en het sy eeufees in 2013 gevier. Die wedren het 'n nederige begin gehad as 'n produksiemotorwedren, wat deur die Eerste Wêreldoorlog onderbreek is. Dit is bevorder tot die Europese kampioenskap in 1935 voor die Spaanse Burgeroorlog 'n einde aan wedrenne gemaak het. Die wedren is suksesvol hervat in 1967 as 'n gereelde deel van die Formule Een Wêreldkampioenskapsreeks.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne