Spekboom

Spekboom
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Caryophyllales
Familie: Didiereaceae
Genus: Portulacaria
Spesie:
P. afra
Binomiale naam
Portulacaria afra
Jacq., (1787)
Sinonieme
  • Crassula portulacaria L.
  • Crassula portulacastrum Harv.
  • Haenkea crassifolia Salisb.
  • Portulacaria afra f. macrophylla H.Jacobsen
  • Portulacaria afra f. microphylla H.Jacobsen
  • Portulacaria afra f. variegata H.Jacobsen
  • Portulacaria portulacaria (L.) Graebn.
  • Claytonia portulacaria (L.) L. in Mant.
  • Portulaca fruticosa Thunb.

Die spekboom (Portulacaria afra) is 'n vetplant met kleinerige blare.[1]

Olifante vreet graag die boonste blare van die boom, wat veroorsaak dat dit horisontaal uitsit. Vir dié rede staan die boom ook as olifantskos bekend. Die olifante in die Oos-Kaap, insluitende dié in die Addo-Olifant Nasionale Park, kan tot 200 kg spekboomblare per dag vreet.

Spekboom is in staat om groot hoeveelhede koolstofdioksied uit die lug te neem en in suurstof en koolstof om te skakel. Een hektaar spekboom kan gemiddeld 4,2 ton koolstofdioksied per jaar na suurstof en koolstof omskakel. In die opsig is spekboom tot 10 keer meer effektief per hektaar as 'n tropiese reënwoud.

Die blare van die spekboom kan deur mense geëet word. Dit kan in tye van nood as 'n voedselbron aangewend word en is ook geskik vir gebruik in slaaie. Die blare het 'n effens suur, suurlemoenagtige smaak.[2]

Die plant se FSA-nommer is 104.[3]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Van Wyk
  2. Die Spekboom Stigting van Suid-Afrika, besoek op 3 September 2012
  3. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne