Die voorspelers is in die skrum, terwyl die agterspelers oor die veld versprei isDiagram wat die relatiewe posisie van spelers in die skrum aandui
'n Rugbyspan bestaan uit 15 spelers, agt voorspelers met nommers van 1 tot 8 en sewe agterspelers wie se truie van 9 tot 15 genommer word. Afhangende van die spesifieke kompetisie se reëls kan daar tot soveel as 8 plaasvervangers ook wees.