Spencer Tracy | |
Publisiteitsfoto vir State of the Union (1948).
| |
Geboortenaam | Spencer Bonaventure Tracy |
---|---|
Geboorte | Milwaukee, Wisconsin | 5 April 1900
Sterfte | 10 Junie 1967 (op 67) Beverly Hills, Kalifornië |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1922–'67 |
Rolprente | Captains Courageous (1936) Boys Town (1937) Guess Who's Coming to Dinner (1967) |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Rolprentpryse | |||
---|---|---|---|
Prys | Jaar | Kategorie | Prent |
Gewen | |||
Oscar | 1937 | Akteur | Captains Courageous |
Oscar | 1938 | Akteur | Boys Town |
Golden Globe | 1953 | Akteur | The Actress |
Bafta | 1968 | Akteur | Guess Who's Coming to Dinner (nadoods) |
Benoem | |||
Oscar | 1937 | Akteur | San Francisco |
Oscar | 1951 | Akteur | Father of the Bride |
Oscar | 1956 | Akteur | Bad Day at Black Rock |
Oscar | 1959 | Akteur | The Old Man and the Sea |
Oscar | 1961 | Akteur | Inherit the Wind |
Oscar | 1962 | Akteur | Judgment at Nuremberg |
Golden Globe | 1958 | Akteur | The Old Man and the Sea |
Golden Globe | 1960 | Akteur | Inherit the Wind |
Golden Globe | 1967 | Akteur | Guess Who's Coming to Dinner |
Bafta | 1953 | Akteur* | The Actress |
Bafta | 1956 | Akteur* | The Mountain |
Bafta | 1958 | Akteur* | The Last Hurrah |
Bafta | 1960 | Akteur* | Inherit the Wind |
* Buitelandse akteur |
Spencer Bonaventure Tracy (5 April 1900 – 10 Junie 1967) was ’n Amerikaanse teater- en rolprentakteur. Hy was bekend vir sy natuurlike styl en veelsydigheid. In ’n loopbaan wat oor 37 jaar gestrek het, is hy vir nege Oscars benoem vir beste akteur, waarvan hy twee gewen het. Hy deel die rekord vir die meeste benoemings in dié kategorie met Laurence Olivier. Hy was die eerste van nege akteurs wat die prys twee keer gewen het en een van net twee wat dit twee jaar ná mekaar gewen het (die ander een is Tom Hanks).[1]