Pylsterte | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Sphingidae Latreille 1802
|
Die pylsterte (Sphingidae) is 'n familie van motte in die superfamilie Bombycoidea. Die meeste pylsterte is groot vlinders wat snags vlieg; die kleiner soorte vlieg dikwels bedags. In die hele wêreld is daar meer as 'n duisend spesies bekend. Daar is veral baie soorte in die tropiese gebiede, maar hulle kom ook in Suid-Afrika voor, soos die druiwepylstert en die varkoorpylstert.
Sommide pylsterte, soos Macroglossum stellatarum, vermag dit om in die lug stil te hang om nektar uit 'n blom te suig. Hierdie vermoë om te swewe is slegs vier maal in nektardrinkende diere geëvolueer: kolibries, bepaalde vlermuise, die sweefvlieë en die pylsterte. Dis 'n opmerklike voorbeeld van konvergente evolusie. Pylsterte se behendige vliegvermoë is dikwels bestudeer. Hulle kan ook vinnig sywaarts vlieg, dalk om aan roofdiere te ontkom.[1]