Spook van Kijif

'n Kunswerk wat die Spook van Kijif uitbeeld.

Die Spook van Kijif (Oekraïens: Привид Києва, Priwid Kijiwa)[1] is 'n bynaam wat aan die betwiste bobaasvlieënier van 'n MiG-29 Fulcrum gegee is wat die krediet daarvoor kry dat hy op 24 Februarie 2022 ses Russiese vliegtuie neergeskiet het in die Kijifse aanval tydens die Russiese inval van 2022 in Oekraïne. Volgens die veiligheidsdiens van Oekraïne het hy teen 27 Februarie 10 vliegtuie neergeskiet. Hoewel sy bestaan nie bevestig kan word nie, is verhale oor hom goed vir die Oekraïense moreel.

  1. "'Привид Kиєва': Пілот міг-29 за 30 годин здобув 6 повітряних перемог над Окупантом" ['Ghost of Kyiv': Mig-29 Pilot Won 6 Air Victories Over the Occupier in 30 Hours]. 5 Kanal (in Oekraïens). 25 Februarie 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2022. Besoek op 25 Februarie 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne