'n Sporangium (meervoud: sporangia, sporangieë of sporangiums) is 'n plant- of swamstruktuur wat spore produseer en bevat. Sporangieë kom voor in angiosperme (bedeksadige plante), gimnosperme (naaksadiges), varings, varingagtiges, mosse, alge, en swamme.
Mikrosporangieë is die strukture op die meeldrade van blomme genaamd anters of helmknoppies en die stuifmeel-produserende strukture op die mikrosporofille van manlike keëls van keëldraende plante.
Megasporangieë is vergelykbare "vroulike" strukture op hierdie plante wat geassosieer word met die blom vrugblaar en die megasporangiële keël.