St John's Wood | |
---|---|
Distrik | |
St. John's Wood High Street | |
Koördinate: 51°32′10″N 0°10′30″W / 51.53611°N 0.17500°W | |
Land | ![]() |
Land | ![]() |
Graafskap | Groter Londen |
Tydsone | UTC±00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | NW8 |
Skakelkodes | 020 |
St John's Wood is 'n distrik in die noordweste van Londen, Engeland, in die City of Westminster, en aan die noordwestelike kant van Regent's Park. Dit is ongeveer 2,5 myl noordwes van Charing Cross geleë.
Die poskode NW8 (St. John's Wood) is deur die Forbes-tydskrif as die vyfde duurste poskode in Londen en die Verenigde Koninkryk aangewys. 'n Gemiddelde huis hier kos byna £2 miljoen ($3,5 miljoen).[1] Van die duurste eiendomme ter wêreld kan hier aangetref word.[2][3]
Die bekende Lord's-krieketstadion is in die distrik geleë. Die distrik is ook bekend vir Abbey Road en die Abbey Road Studios waar die rock-groep The Beatles hulle albums opgeneem het.