Staatsdoema (Russiese Ryk)

Die Staatsdoema, ook bekend as die Keiserlike Doema, was die laerhuis van die regerende senaat in die Russiese Ryk, terwyl die hoërhuis die Staatsraad was. Dit het sy vergaderings in die Taurispaleis in Sint Petersburg gehou, en het tussen 27 April 1906 en die val van die ryk in Februarie 1917 vier keer byeengekom.

Die eerste en tweede doema was demokratieser en het 'n groter aantal nasionale tipes verteenwoordig as die daaropvolgendes.[1] Die derde doema is deur mense van die deftige stand, grondbesitters en sakemanne oorheers. Die vierde doema het vyf sessies gehou; dit het bestaan tot 2 Maart 1917 en is op 6 Oktober 1917 amptelik ontbind.

  1. Harold Whitmore Williams (1915), Russia of the Russians, p. 82

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne